“Ek en ‘n vriend, saam met ons vrouens, het vir 2 weke deur die Hel (Gamkaskloof) en die Baviaans kloof getoer.
Ys was op ons vorige toere deur die land asook Botswana en Namibia’n probleem omdat ons nie altyd naby die beskawing was nie en ook op sonkrag vir energie afhanklik was.
Hierdie keer was ons gewapen met 3 Snowvas en ons het elke dag genoeg ys gehad, die eerste toer vir 2 weke wat ons nie ‘n enkele ysblokkie gekoop het nie.
Wat lekker is, is dat dit nie jou drankie afwater nie want dit is soliede ys.”